Local newsNews

WAARSKUWING: Grafiese foto: hond deur inwoner se hek verskeur

Rondloperhonde verskeur geliefde Milo deur 'n traliehek.

Martin Fourie, ‘n inwoner van Krugersdorp-Wes, se grootste vrees het waar geword toe sy geliefde Milo deur sy hek deur ‘n mede-inwoner se rondloperhonde verskeur is.

Dit is glo nie die eerste keer dat die pit bulls die straat invaar en skoor soek met die ander honde wat veilig agter heinings en hekke is nie.

Fourie se twee fox terriers, Milo en Jessie is voor Kersfees deur sy Rottweiler, Roky gered wat die twee rondloperhonde afgeskrik het toe hulle weer kom skoor soek het.

Die volgende keer was Milo nie so gelukkig nie en is op 3 Januarie deur die veghonde verskeur.

“Martin het met ‘n spoed by ons aangekom en gesê my man moet kom help,” het Martie Marè, Fourie se skoonsuster vir die News gesê.

Milo is deur die hek aan sy keel gegryp en verskeur.

“Ons vermoed Milo se skedel is ook gebreek omdat die hek waardeur hy getrek is, baie nou is,” het Maré verduidelik.

Na die insident is die Gemeenskapspolisiëringsforum van die area gevra om te help soek na die rondloperhonde.

Geliefde Milo verskeur deur rondloper honde in die straat.
Geliefde Milo verskeur deur rondloper honde in die straat.

Nadat hulle die honde opgespoor het, het die lede die honde aan die eienaars terug besorg wat glo nie tuis was nie.

Uit desperaatheid het Fourie die Dierebeskermingsvereniging (DBV) geskakel vir hulp, maar sonder sukses.

“Hulle wou egter niks rakende die insident doen nie, glo omdat die eienaar beweer hulle het hul honde vasmaak maar iemand anders het hulle sonder hul medewete losgemaak. Dis nie waar nie, die honde word nooit vasgemaak nie. Wil die DBV nou eintlik vir ‘n mens sê dis reg s jou honde in die straat losloop en ander honde verskeur?” het sy aan die News gevra.

Fourie beweer dat die eienaars van die honde later heen en weer voor sy huis verbygery het, vermoedelik om hom af te skrik of te teister.

“Hoekom het mense dan diere as hulle nie na die goed kan kyk nie? En dan blameer jy ander mense as jou diere uitkom en onskuldige diere wat rustig in hulle erwe is kom verskeur en dan maak asof dit niks is nie,” is Maré se mening.

Die News het die DBV-woordvoerder genader om kommentaar rakende Maré se bewerings, maar sonder sukses.

Verwante artikels:

• Stray dog attacks woman

• WARNING Graphic photos: ‘Help! They are biting me!’

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button