EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Kuier saam Tjiff en Tjaff by Key West

Tjiff en Tjaff is die beste ... vra die meer as 50 000 kinders wat daagliks na hulle kyk.

KykNET se kinderkanaal, Koowee, se gewildste karakters, Tjiff & Tjaff, tree Saterdag, 12 Maart vir oulaas by Key West Winkelsentrum se amfiteater op.

Hulle gaan dans, speel, en van hulle gunsteling liedjies sing. Na ‘n pouse kom hulle weer terug vir 40 minute; die keer om te poseer vir foto’s saam met maats en om onder andere DVD’s te verkoop.

Daar is beperkte plek beskikbaar, en dit is die laaste keer wat Flying Pigs hulle aanbied. Daar is ‘n moontlikheid dat kykNET op ‘n later stadium met ‘n ander maatskappy sal voortgaan, maar op die stadium is dit nog nie bevestig nie.

Tussen September 2011, toe Flying Pigs die produksie op die planke gebring het, en Februarie 2016 het Tjiff & Tjaff al 316 keer opgetree, en meer as 150 000 kinders vermaak.

Moet dit nie misloop nie!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button