EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Sangsensasie gaan dorp kom skud

Oud-Krugersdorper Brendan Peyper gaan op 18 en 19 Maart Krugersdorpers vermaak.

Op 17 en 18 Maart kom ‘n oud-Krugersdoper wat nou Suid-Afrika se nuutste sangsensie is, weer kuier by Hoërskole Bastion en Nic Diedericks.

Brendan Peyper (19) se eerste enkelsnit, Stop, wag, bly nog ’n bietjie, het reeds groot opslae gemaak in die musiekbedryf.

Brendan is ook vroeër vanjaar vir twee OFM-musiektoekennings benoem, onder andere vir Beste Manlike Kunstenaar en Liedjie van die Jaar. Hy het sy debuut-album verlede jaar in Oktober vrygestel.

“Dit was ’n groot besluit om my studies vir eers te los, maar dit was een wat ek goed deurgedink het,” sê hy.

“Musiek is my alles en dis my hartsbegeerte om mense se lewens daarmee aan te raak en te verander.”

Maar ook altyd nederig vertel Brendan dat dit baie harde werk is om naam te maak in die musiekbedryf en “ek sien myself definitief nog nie daar nie, maar ons werk baie hard om daar te kom”.

Brendan bly tans in Bloemfontein en is in Krugersdorp gebore. Hy meen hy geniet nie regtig die gejaag in die stad nie, maar dat hy ‘n groot ondersteuningsbasis in Krugersdorp geniet.

“Amper al die familie aan my pa se kant bly nog aan die Wes-Rand,’ sê hy.

Brendan gaan vir die laaste keer díe jaar in Krugersdorp optree en sê daar is baie om na uit te sien.

“Ons gaan die normale program so bietjie langer maak en verwag ook gaskunstenaars wat ‘n voorprogram gaan bied,” vertel Brendan.

Op 18 Maart gaan Brendan by Hoër Tegniese Skool Nic Diecerichs optree en op 19 Maart gaan hy by Hoërskool Bastion ook optree. Vir meer inligting kontak vir Estel by 078 102 0121.

Verwante artikels:

• Simfonie-orkes kom dorp toe

• Plaaslike sangeres tree op by ICC Arena

• [VIDEO] Konsertina-en-kitaar-album maak opslae

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button