Juffrou leer en leef netbal
Monnas spog met 'n juffrou wat die nasionale span behaal het.
By Hoërskool Monument presteer nie net die leerlinge nie, maar onderwysers ook.
Zandrè Kruger wat vanjaar by die Monnas-familie aangesluit het, is onlangs gekies vir die Suid-Afrikaanse Studente Netbalspan en sal later vanjaar aan die wêreldkampioenskappe deelneem.
Behalwe juffrou-juffrou speel by Monnas, rig sy ook die onder 14-netbalspan met trots af.
Sy is ook ‘n voormalige Suid-Afrikaanse Hoërskool Netbalspeler en het tot en met verlede jaar nog aan die Netbal Varsity Cup deelgeneem waar sy Pukke verteenwoordig het.
“Monnas is trots op haar insluiting en wens haar voorspoed toe met haar voorbereiding. Haar insette in die klaskamers en op die netbalbaan word as baie waardevol beskou,” het Eben Vermaas, Monnas-bemarkingskakel gesê.
Soortgelyke artikels:
•[PHOTOS] Monnas not just about rugby – they paint too
