Vyf van Noordskool op pad kampioenskappe toe
Noordskool spog met 'n handjievol atletieksterre.
‘n Handjievol leerlinge van Laerskool Krugersdorp-Noord is op pad na die Gauteng-kampioenskappe.
Die vyf sportsterre het onlangs hulle Gauteng-Wes kleure vir atletiek verwerf en deurgedring na die kampioenskappe.
Zahne van der Berg het ‘n eerste plek in gewigstoot by die Gauteng-Wes byeenkoms behaal terwyl Cayla Kleynhans ‘n eerste plek in verspring losgespring het.
Chanè de Jager het ‘n eerste plek in verspring en ‘n tweede plek in die 75m hekkies behaal, terwyl Kaitlin Zinn ‘n tweede plek in die 80m hekkies gekry het.
Katlego Zwane het omtrent by die byeenkoms gefloreer en het ‘n eerste plek in onderskeidelik die 150m, 100m en verspring behaal.
Hy het die Gauteng-span gehaal waar hy ‘n gouemedalje in verspring verwerf het.
“Baie dankie aan al die atlete wat ons skool se naam hoog gehou het en ons so mooi verteenwoordig het,” het die trotse skoolhoof Charles Miller gesê.
Verwante artikels:
Knapgedaan vir Noordskool se sportster
Ontmoet Noordskool se mooistes
