Nooit te oud vir liefde nie
Die interessantste aspek van Lucas en Miets se verbintenis is dat Lucas twee jaar ouer as sy nuwe skoonma is.
Lucas Rinken glo mens is nooit te oud vir liefde nie. Hy het self op die ouderdom van 78 weer ewige trou beloof.
Saterdag 9 April het Lucas en sy bruid, Miets Steyn, die knoop in die NG Kerk Mindalore deurgehaak. Lucas was 9 jaar lank ‘n wewenaar en wil vir almal sê die liefde is vir ewig, maak nie saak hoe oud jy is nie.
“Ek het nooit kon droom dat ‘n dierbare, wonderlike jong vrou in my sou belangstel nie, maar die wonderwerk het gebeur. Ek sien uit om die res van my lewe saam met haar gelukkig te wees,” het ‘n stralende Lucas gesê.
Die afgelope nege maande sedert hulle ontmoet het, het sy nuwe betekenis aan sy saai bestaan gegee.
“Ons is so dikwels as ons kan, en ten spyte van haar werk, bymekaar en geniet mekaar se geselskap. Die alleenheid is verdryf! Ons glo dat ons vir mekaar bedoel is. Die toekoms wink!
Die interessantste aspek van Lucas en Miets se verbintenis is dat Lucas twee jaar ouer as sy nuwe skoonma is.
Baie geluk Lucas en Miets!
Verwante artikel:
• [FOTO’s] Die liefde blom by ouetehuis
• Koppie liefde ten bate van Kansa
