Editor's choiceNewsSchool sportSchoolsSport

Rugby legende handig truie oor

'n Oud-leerling en nou rugby legende skop Noordskool se rugbyseisoen met 'n nuwe tradisie af.

Die manne van Laerskool Krugersdorp-Noord se eerste rugbyspan se nuwe truie was gedurende ‘n spesiale geleentheid deur ‘n legende aan hulle oorhandig.

Die geleentheid het afgeskop waar die seuns, netjies in ‘n ry in hul skooldrag geklee, die saal instap terwyl hul trotse ouers toekyk.

Noordskool se rugbyseuns sit trots geklee in hul nuwe truie, reg vir die seisoen.
Noordskool se rugbyseuns sit trots geklee in hul nuwe truie, reg vir die seisoen.

Daarna was die seremonie op ‘n gepaste wyse met gebed en inspirerende woorde geopen.

Die seuns, wat drie maal per week en selfs Saterdae oefen, was herinner dat hulle nie net ‘n sportspan is nie, maar ‘n span van geloof.

Die seuns kon byna hulle oë nie glo toe adjunkhoof, Marinus de Beer, ‘n oud-leering en nou bekende rugbyheld Julian Redelinnehuys wat vir die Gauteng Leeus as stut speel, aan hulle voorstel.

Marinus de Beer, adjunkhoof, Charles Miller, skoolhoof en Sakkie van den Berg begin die nuwe rugbytradisie by Noordskool.
Marinus de Beer, adjunkhoof, Charles Miller, skoolhoof en Sakkie van den Berg begin die nuwe rugbytradisie by Noordskool.

Die splinternuwe rugbytruie was aan die seuns oorhandig deur skoolhoof, Charles Miller, Marinus, Julian, Sakkie van den Berg en ‘n verteenwoordiger van hul hoofborg Ford Action Krugersdorp se Martin Lombaard.

Volgende het hulle ‘n nuwe tradisie geloots waar elke eerstespan rugbyspeler elke jaar in ‘n boek sal teken om eendag terug te kyk soos Julian wat ook op sy dag as leerling van Noordskool in die eerstespan gespeel het.

Julian het ‘n paar woorde van inspirasie vir die jong latte gehad om die aangeleentheid mee aftesluit.

Julian Redelinnehuys lewer 'n paar woorde aan Noordskool se eerste rugbyspan.
Julian Redelinnehuys lewer ‘n paar woorde aan Noordskool se eerste rugbyspan.

“Baie geluk manne. Ek was ook ‘n Norie rugbyspeler. Mens onthou nie altyd die wen of verloor nie maar die talent van bo en passie om ander te inspireer. Dis die spangees wat rugby maak. Rugby is ‘n fantastiese sport met baie lesse oor spanwerk en vir mekaar speel. Sterkte vir die seisoen manne, julle lyk soos ‘n klomp ysters.”

Soortgelyke artikels:

Knapgedaan vir Noordskool se sportster

Noordskool haasbekkies se eerste dag

Noordskool se Arri verjaar!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button