Winterfees skop af op Vryheidsdag
Die Winterfees kan jou en jou gesin op die vakansiedag besig hou.
Môre is Suid-Afrika se Vryheidsdag en die NG Krugersdorp-Oos gemeente gaan ‘n verskeidenheid aktiwiteite vir die hele gesin aanbied.
Dié kerk gaan ‘n winterfees hou waar beide jonk en oud vermaak gaan word. Die fees begin om 7vm en duur tot 4nm te Lismorestraat 20, Kenmare.
As jy en jou gesin honger is vir boereworsrolle, ontbytbroodjies, pannekoek of braaivleis, kan jy ook by dié fees regkom.
“Ons skop die dag af met ‘n Fun Run om 7vm op die kerkgronde teen R10 per persoon,” vertel die kerk se Liezel Keyter.
“Daar gaan boeresport, tombola, fliek vir laerskool kinders, basaar lekkergoedtafel, tweedehandse boekwinkel en tweedehandse klere gaan goedkoop verkoop word,” voeg sy by.
Vir verdere informasie, kontak Liezel by 073 801 7151 of 011 955 4667.
Vryheidsdag is die herdenking van die eerste demokraties vekiesing wat op 27 April 1994 in Suid-Afrika gehou is.
Lees verder:
Freedom Day – what does it mean?
Kursus bring ondersteuning en hulp
