Kampioendanser op pad VSA toe
Leandri gaan in Julie aan die Uitvoerende Kunste se Wêreldkampioenskappe deelneem.
‘n Sesjarige hip-hopdanser het onlangs top titels ontvang toe sy vir die eerste keer aan die Suid-Afrikaanse Uitvoerende Kunste Kampioenskappe deelgeneem het.
Leandri Wehmeyer, 6, ‘n Graad 1-leerling van Laerskool Protearif, het van 3 tot 8 April in die dansafdeling in Rustenburg deelgeneem.
Die jong danser, wat al van driejarige ouderdom af haar heupies swaai, het die gouemedalje in die hip-hopafdeling vir haar ouderdomsgroep gewen.
Sy het ook ‘n silwermedalje vir die karakter- en opedans-afdeling gekry.
Leandri het vir die News vertel dat sy vyf dae ‘n week by Pro Dance Stars in Rant-en-Dal oefen, en dat sy dit die meeste geniet wanneer sy hip-hop doen. “Ek hou van dans, want dit voel of ek in ‘n ander wêreld is,” het sy gesê.
Leandri gaan Suid-Afrika in Julie vanjaar in Los Angeles by dié kompetisie se wêreldkapioenskappe verteenwoordig.
Lees ook:
• New York se liggies blink helder vir leerlinge
• Dancers dominate world champs
