Editor's choiceLocal newsNews

Vlieëplaag terroriseer inwoners in die dorp

Inwoners is keelvol om soos gyselaars te voel as gevolg van 'n vlieëplaag in die dorp.

Gif, sitronellakerse, vlieglokaas en selfs petisies skrik nie die vlieë af wat talle hoewebewoners van Krugersdorp so te sê gyselaar hou in hul eie huise nie.

“Dis iets verskriklik; dit voel of die vlieë jou aanval. Ons voel soos gevangenes. Ons kan nie eers die huis se deure oopmaak nie,” het Martie van Niekerk, een van die inwoners vertel.

Nog ‘n inwoner, Gerda de Clerk, sukkel al sowat drie jaar met die vlieëplaag wat volgens haar sedert 2013 al hoe erger geword het.

Die vlieë in Gerda de Clerk se huis is so 'mak' dat mens foto's van hulle kan neem.
Die vlieë in Gerda de Clerk se huis is so ‘mak’ dat mens foto’s van hulle kan neem.

De Clerk, haar man en kind woon al ses jaar op die plot in Herbertstraat, maar die plaag is glo vanjaar beslis die ergste nog.

Na talle ondersoeke, navrae en opleeswerk, vermoed sy die plaag is moontlik aan die nabygeleë hoederboerdery te wyte.

De Clerk het in 2013 die eerste keer die Departement van Gesondheid gekontak rakende die plaag, maar haar versoeke het skynbaar op dowe ore geval.

“Talle klagtes per epos en telefonies word eenvoudig net van die een departement na die ander verwys.” Sy het onlangs in kontak gekom met die Departement van Omgewingsake se Groen Skerpioene.

Die plaag raak nie net hul sakke nie maar De Clerk glo dat dit hul gesondheid ook begin affekteer.

Gerda de Clerk se huis se plafonne lyk so van die vlieë.
Gerda de Clerk se huis se plafonne lyk so van die vlieë.

Die gesin gebruik een-en-‘n-halwe blikkie insekdoder per dag saam met ander giftstowwe wat hulle weekliks toedien.

Die res van die inwoners het hulle selfs tot boererate gewend, soos suurlemoene met naeltjies, en muntstukke in water en asyn, maar niks werk nie.

Die News was self geskok oor die massas vlieë binne en buite die inwoners se huise.

De Clerk het onlangs op Facebook aan haar frustrasie uiting gegee. So het sy vasgestel dat die plaag raak mense so ver as in Flemming-, Erica- en Moorcroftweg, en selfs Jonesstraat, wes van Krugersdorp.

Van die produkte wat Gerda de Clerk weekliks moet aankoop om die vlieë te probeer weghou.
Van die produkte wat Gerda de Clerk weekliks moet aankoop om die vlieë te probeer weghou.

Die News het ook met De Clerk se bure gesels. Hulle woon al 38 jaar lank op die plot en het vertel hulle het nog nooit so iets beleef nie.

“Dit is nie net ongerieflik nie, maar dis ongesond. Ons skaam ons dood as ons gaste oornooi – mens kan nie binne of buite leef met hierdie vlieë nie,” het Van Niekerk verduidelik.

De Clerk gaan nou pamfletjies in die buurt versprei om uit te vind hoe ver die plaag strek en daarna ‘n petisie opstel wat sy sal gebruik om verdere stappe te neem.

Indien jy deur die vlieëplaag geraak word, stuur gerus ‘n epos met jou inligting na krugersdorpwestflies@gmail.com.

Lees verder:

Rotte veroorsaak groot konsternasie

Keep your premises pest free

Daar is honderde vlieë in die vlieëlokvalle wat hulle om die huis aangebring het.
Daar is honderde vlieë in die vlieëlokvalle wat hulle om die huis aangebring het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button