[VIDEO] Ligte, kamera en aksie by Monnas
Die leerlinge van Monnas gaan binnekort hulle bakkies op die silwerskerm sien met die skiet van 'n film op die skoolgronde.
Die atmosfeer op Monnas se sportveld was soos iets uit die ‘movies’, behalwe dit was agter die skerms van die skiet van die opkommende film, Jou Romeo.
Die hoofkarakter en Krugersdorp-inwoner, Ruan Wessels, het die News vriendelik verwelkom tussen deur die skiet van tonele van die film wat later vanjaar vrygestel sal word.

Intussen het leerlinge van Hoërskool Monument ook hulle vyftien minute in die kollig gekry toe daar ‘n sport toneel op die krieketveld geskiet was.
Die News het met ‘n groepe seuns, agter die skerms, gesels wat die film as ‘cool’ en opwindend beskryf het.
Hulle het ook gesê dat dit lekker is om by die skool te wees en nie hoef klas te gaan nie.
Die onderwysers het almal toesig gehou terwyl die leerlinge behoorlik in hulle knoppies was met die plaaslike ster, Ruan Wessels, wat op en af die veld beweeg het.

Ruan het aan die News gesê dat die baie lekker is om ‘n film in sy tuisdorp te skiet en dat dit ook ekonomies sy sak goed pas.
Omdat hy nie veel oor die tema van die film mag sê nie, het hy wel aan die News gesê dat hy die karakter wat hy vertolk verskriklik geniet.
Alhoewel die film by Monnas geskiet word het Ruan ook gesê dat hy altyd ‘n trotse oud-Norie (Hoërskool Noordheuwel) sal bly.
Soortgelyke artikels:
•Ruan het vakansie op sy agenda
•Krugersdorp se Ruan in nuwe film te sien
