Local newsNews

Aandag maatjies, Lollos kom kuier

Krugersdorp maatjies word genooi om saam met Lollos te lag en dans.

Maatjies van regoor Krugersdorp kan uitsien na ‘n baie spesiale besoek deur die gewilde uitheemse karakter Lollos.

Lollos, wat klein maatjies se harte regoor die land gesteel het met sy opvoedkundige en prettige liedjies, het besluit om aan die einde van die maand (29 Mei) ‘n opvoering by Mount Usambara te hou.

Lollos het ‘n tydjie van sy speeltyd in Lala-land afgevat om ‘n onderhoud met die News te voer.

Hy sê dat sy gunsteling kunstenaars om saam mee op te tree almal id wat al saam hom op sy verskeie DVD’s verskyn het. Hierdie kunstenaars sluit in Emo Adams, Bobby van Jaarsveld, Robbie Wessels, Heinz Winckler en vele meer.

Sy gunsteling kleur is groen en sy gunsteling kos is vrugte, groente, vleis en natuurlik Lalalollies.

“Die planeet is so mooi. Reënboë, goue gare, foempies en malvalekker wolkies. Dis ‘n regte droomwêreld,” sê Lollos oor sy planeet.

Alhoewel hy bang is vir Gomgompie, bly dit sy geliefde troeteldier.

Lollos geniet dit verskriklik om te dans maar hou ook daarvan om wegkruipertjie te speel met sy beste maatjie wie natuurlik Lettie is.

“Ek kan nie wag om saam met my Krugersdorp maatjies te sing en dans nie. Ek dans lekker wanner ek julle hoor lag maatjies,” het hy gesê.

Kaartjies beloop R75 per persoon en is beskikbaar by 082 410 7682 of info@lomatrio.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button