Local newsNews

[FOTO’s] Moeders: ‘Ons gee nog om’

Silver Wishes se Deon Swanepoel sê bejaarde mammas moet weet die jonger geslag gee nog om, veral op Moedersdag.

Silver Wishes, ‘n nie-winsgewende organisasie (NWO), het Saterdag by Emmannuel Tehuis gaan kuier om saam met al die mammas, oumas en selfs oumagrootjies Moedersdag te vier.

Deon Swanepoel, die voorsitter van Silver Wishes, het met die News gesels oor die nuwe NWO.

“Ons is daarop gefokus om mishandelde kinders, vroue asook bejaardes in die gemeenskap te ondersteun,” het hy gesê.

Silver Wishes is verlede Junie gestig en dié Moedersdag bederf was hul eerste groot projek. Deon, sy seun Hendry en die NWO se tesourier Martie Deale saam met Suid-Afrikaanse country-sangeres Elrika Tolmay het ‘n groep van die tehuis inwoners behoorlik bederf met sjokolade, kolwyntjies en lekker musiek.

Vanaf links: Hendry Swanepoel, Ria van Rensburg, Martie Deale en Deon Swanepoel
Vanaf links: Hendry Swanepoel, Ria van Rensburg, Martie Deale en Deon Swanepoel

“Die dag moet bewys dat ons, as kinders van vandag, gee om,” vertel Deon.

Deon het gesê hy glo nie vandag se bejaardes word met die nodige respek en agting behandel nie. Daarom is bejaardes so na aan sy, en Silver Wishes, se hart.

“Ek het al gesien hoe bejaardes sleg behandel word en besluit om iets daaraan te doen.”

Maar Saterdag was ‘n dag net vol liefde en omgee. Daar was self ‘n trekking waar twee bejaardes ‘n hangertjie gewen het. Soos Deon Silver Wishes beskryf, kan enigiemand hulle nader om hulp.

“As jy dit nodig het en ons kan dit gee, sal ons,” het hy gesê.

As jy graag ‘n bydrae wil maak aan die NWO, kontak 072 901 2182 of stuur ‘n epos na info@silverwishesnpo.org.za.

Om na nog foto’s te kyk, kliek hier.

Lees verder:

• ‘Vergete’ bejaardes in munisipale tehuise se noodkreet

• Krugersdorp se talentvolle bejaardes

• Gestremdes, bejaardes kan nou ook maklik stem

• Spesiale bederf vir bejaardes

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button