Monnas-atlete blink uit tydens SA Junior Kampioenskappe
Hierdie atlete het die skool met trots verteenwoordig.
Hoërskool Monument se atlete het hul provinsie en skool met trots verteenwoordig by die SA Junior Atletiekkampioenskappe wat onlangs by die Herman Immelman Stadion in Germiston gehou is.
Hulle het altesaam sewe medaljes ingeoes.
Liza Kellerman het in die 800m-jeugwedloop weer met die louere weggestap en ‘n silwermedalje in die 1 500m-item gewen.
Kayle Blignaut het die gewigstoottitel vir seuns jeugatlete met ‘n beskeie afstand – volgens sy standaarde – van 18,96m ingepalm terwyl Morne Brandon met ‘n seisoenbeste afstand van 18,68m die silwermedalje gewen het. Morne het ook die bronsmedalje in die diskus gewen.
Lizelle Fourie wat dié seisoen reeds die ysterbal verder as 58m gegooi het, het die bronsmedalje in die hamergooi vir jeugatlete verwerf.
Corne Pennells (sub-jeug) het sy seisoen op ‘n hoogtepunt afgesluit toe hy met ‘n persoonlike beste van oor die 56m die silwermedalje in die diskus gewen het.
Drie atlete kwalifiseer met hul uitmuntende prestasies vir die nasionale span wat einde April aan die Zone 6 Kampioenskappe in Lesotho gaan deelneem.
Morne, Kayle en Liza behoort eersdaags in die groen en goud te pronk.
Nog Monnas nuus:
Talle medaljes vir Monnas atlete
Monnas-atlete presteer by skolekampioenskappe
Monnas-atlete skitter by wêreldkampioenskappe
