Monnas landlopers vat goud
Die span het vêr gehardloop om die goue medaljes in te ryg.
Hoërskool Monument se onder 19 landloop dogters het by die Tuks Skole Landloop finaal ‘n eerste plek verwerf.
Cherize Olwage, Bridgette Nkabinde, Kyla du Toit, Tebogo Matlala, Lebogang Ramela en Liza Kellerman het by Rustenburg op 26 April die vier kilometer maraton gehardloop en eerste plek behaal. Die dogters spog elk nou met ‘n goue medalje.
Dié span het ook ‘n tweede plek in die aflos-afdeling behaal en het sertifikate daarvoor ontvang.
Liza Kellerman het ook die vier kilometer senior dogter resies gewen.
Monnas se skakel- en bemarkingsbeampte, Eben Vermaas, het gesê die skool het algeheel tweede gekom by die Tuks Skole Reeks toe daar met skole soos Hoërskool Eldoraigne, Kempton Park, Menlopark, Rustenburg, Marais Viljoen en Garsfontein meegeding is.
Lees ook:
• Online registrations: ‘We waited since midnight’
• Atleet maak opslae in Kameroen
• Monnas-atlete blink uit tydens SA Junior Kampioenskappe
