NewsSchool sportSchoolsSport

Plaaslike sport akademie se atlete ryg medaljes in

'n Totaal van 33 medaljes is deur die sportsterre verwerf.

Die Pierre Blignaut Gewigstoot en Diskus Akademie se atlete het weereens talle medaljes verwerf tydens die onlangse Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.

Atlete van die akademie gepaard met afrigters Pierre Blignaut en Eben Vermaas het altesaam 33 medaljes ingeryg tydens die kampioenskappe te Bloemfontein. Die atlete het ook tydens die Jeug, Junior, 0nder 23 en Senior Suid-Afrikaanse Klub Atletiek Kampioenskappe te Germiston en Stellenbosch goed gevaar.

Die 33 medaljes word opgemaak uit ‘n totaal van 11 goud, 17 silver en vyf brons.

Een van die uitblinkers tydens die seisoen is Kayle Blignaut wat by die Suid-Afrikaanse Hoërskole byeenkoms aangewys was as die beste atleet asook beste veldatleet vir sy nuwe Suid-Afrikaanse Skole Rekord in gewigstoot – 20,42m vir 0nder 17 seuns.

Kayle Blignaut.
Kayle Blignaut.

Ander uitsonderlike prestasies is deur Patrick Duvenhage, wat twee goue medaljes vir die diskus en gewigstoot verwerf het, terwyl Dané Roetz ‘n goue medalje vir gewigstoot en ‘n silwer vir diskus ontvang het.

Na die Suid-Afrikaanse Jeug- en Junior Klub Kampioenskappe is die volgende atlete gekies om Suid-Afrika by ‘n internasionale byeenkoms te verteenwoordig:

• Kayle Blignaut vir jeug gewigstoot

• Mornè Brandon vir jeug gewigstoot en diskus

• Mieke Strydom vir jeug gewigstoot

• Patrick Duwenhage vir junior diskus

• Leandri Geel vir junior diskus

Tydens die Suid-Afrikaanse Senior Atletiek Kampioenskap het 15-jarige Meike Strydom, 18-jarige Leandri Geel en 18-jarige Monique Wagner die besonderse prestasie om onderskeidelik silwer medajes in gewigstoot en diskus en ‘n brons medalje in gewigstoot op hulle jong ouderdom te verower.

Drie van die supersterk atlete; Jaco Engelbrecht, Dewald van Heerden en Leandri Geel, kwalifiseer ook om Suid-Afrika by die Afrika Atletiek Kampioenskap in Durban gedurende Julie te verteenwoordig.

Soortgelyke artiekels:

Talle medaljes vir Monnas atlete

Diskus- en gewigstootakademie presteer

Monnas-atlete presteer by skolekampioenskappe

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button