EntertainmentLifestyleLocal newsNews

[KYK] Lawwe musiekgroep tree op by skool vir gestremdes

Kaartjieverkope gaan aan die skool geskenk word.

Hulle is laf, voor op die wa en neem hulself glad nie ernstig op nie.

Hoe dan anders as jy lid van die musiekgroep DJ Ossewa is?

Hierdie prettige groep gaan op 25 Mei by die Wesrandse Skool vir gestremdes optree. Kaartjies kos R50 en al die geld van die kaartjieverkope gaan aan die skool geskenk word.

Bring jou eie stoel, warm kombers en ook sommer die hele gesin en kom geniet hierdie fantastiese fondsinsamelingsaand ten bate van die skool.

Daar gaan natuurlik heerlike worsrolle, pannekoek, kerrie-en-rys, koffie, tee en koeldrank te koop wees om jou warm te hou.

Vanaf 5.30nm gaan daar heerlik gekuier word by die skool wat in Johan Jonkerrylaan, Wentworthpark is.

Vir meer besonderhede, skakel Daleen by 083 262 0456.

Die lede van die lawwe musiekgroep DJ Ossewa gaan by die Wesrandse Skool vir gestremdes optree.
Die lede van die lawwe musiekgroep DJ Ossewa gaan by die Wesrandse Skool vir gestremdes optree.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button