Editor's choiceNewsSchool sportSchoolsSport

Kennies ‘n Goue Leeu fabriek

Laerskool Kenmare spog met 'n rekord van 10 leerlinge wat vir die Goue Leeus span gekies is.

Laerskool Kenmare spog met ‘n rekord van 10 leerlinge wat gekies is as Goue Leeusrugbyspelers.

Die onder 13 en onder 12 Goue Leeus-spanne se kapteins kom ook van Kenmare, wat nou selfs die ‘Goue Leeus fabriek’ genoem word.

Die skool is ook bevoorreg om die o.13 Cravenweek-afrigter Morné Kruger in hul midde te hê.

Rugbysterre spog met hulle talent in die tuin.
Rugbysterre spog met hulle talent in die tuin.

Die seuns kon skaars hulle trots oor hulle besonderse prestasies wegsteek toe die News ‘n foto van hulle gaan neem het.

Die tien top spelers is Tian Vorster, Cole Basson, Jadé Powell, Marcey de Waal, Cian de Villiers, Divan Spangenberg en Theo van der Merwe wat vir die o.12-span gekies is en Jaco Bezuidenhout, Wian Botes en Zihan Bensch wat vir die o.13-span gekies is.

Die seuns sal in die Julie-skoolvakansie aan verskeie provinsiale wedstryde in die Kaap en in Vryheid deelneem.

“Ons maak vanjaar geskiedenis by Kenmare omdat ons die meeste Goue Leeus nóg gelewer het. Julle maak ons trots,” het Morné gesê.

Soortgelyke artikels:

Kenmare se hokkiekampioene

Kenmare-atlete vir Gauteng-span gekies

Kenmare-atlete op pad kampioenskappe toe

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button