Local newsNewsUpdate

Lollos maak kinderhartjies bly

Honderde tjokkers van Krugersdorp kuier saam met Lollos.

Honderde tjokkers van regoor Krugersdorp het bymekaar gekom om vir Lollos en Lettie in lewende lywe te sien.

Die parkeerterrein van Mount Usambara was stampvol en daar was byna nie plek vir ‘n muis binne nie met honderde kinders wat opgewonde voor die verhoog gewag het dat Lollos sy verskyning maak.

Ouers het maar geduldig in die gehoor gesit.

Sy eerste woorde, “My naam is Lollos, ek’s van ‘n ander planeet,” het die kinders behoorlik op hulle klein voetjies gehad.

Die Krugersdorp maatjies kon byna nie hul opgewondenheid wegsteek nie toe Lollos op die verhoog stap.
Die Krugersdorp maatjies kon byna nie hul opgewondenheid wegsteek nie toe Lollos op die verhoog stap.

Hulle het uit hul magies gelag en gesing terwyl Lollos, Lettie, Disco en Minkie die verhoog byna plat gedans het.

Die tema van die aanbieding was dat Lollos sy lag verloor het.

Verskeie liedjies, speletjies en tonne giggels het gesorg dat al die kinders met ‘n glimlag op hul gesigte huis toe is.

Na die vertoning het die klein aanhangers die geleentheid gehad om saam met Lollos en Lettie ‘n foto te neem.

Dit is duidelik dat Lollos se besoek die dorp behoorlik op horings gehad het as mens na die talle foto’s van die byeenkoms op Facebook kyk.

Lees meer:

Aandag maatjies, Lollos kom kuier

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button