Schools

Droomspeelgoed betower Krugersdorp-Noord

Sowat 750 leerders het op die verhoog gepronk tydens Laerskool Krugersdorp-Noord se revue, Droomspeelgoed.

Laerskool Krugersdorp-Noord se verhoog het van 14 tot 18 September behoorlik lewe gekry met die skool se jaarlikse revue, Droomspeelgoed.

Sowat 750 leerders van graad een tot graad sewe het aan die produksie deelgeneem, wat met ’n spesiale Oupa-en-Ouma-oggend afgeskop het.

Volgens die revue-regisseur en organiseerder, Quintin Botha, vertel die produksie die verhaal van Timmie, ’n graad sewe-seun wat aan die einde van sy laerskoolloopbaan terugdink aan die speelgoed en herinneringe wat sy lewensreis gevorm het.

Lian Nel in aksie. Foto ingestuur

“Elke fase van Timmie se lewe is deur sy ‘lewende’ speelgoed uitgebeeld,” verduidelik Quintin.

Die produksie is verder gekenmerk deur kreatiewe dekor, beligting, klank en kostuums. Botha het die teks geskryf en die produksie behartig, met ’n groot span onderwysers, leerders en tegniese personeel wat agter die skerms saamgewerk het.

Keagan Pienaar tydens die revue. Foto ingestuur

Al sewe vertonings was uitverkoop. Volgens Quintin getuig dit van die gemeenskap se groot ondersteuning.

“Droomspeelgoed was meer as net ’n revue – dit was ’n ongelooflike avontuur om ’n droom aan die lewe te bring,” sluit hy af.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Heinrich Greyling

Heinrich Greyling is a LLB student, which gives him an eye in fairness towards everything he writes about, with a passion of uncovering the truth. If the relevant information is available, he is willing to help anybody, with a keen interest in hard, crime, entertainment, municipal, human interest and automotive journalism. He is a journalist who is willing to write about anything, no matter the controversy or risks involved.
Back to top button