Laat die heupe swaai dié naweek
Van dans tot winskopies, daar is altyd iets te doen in Krugersdorp oor die naweek.
Dié naweek in Krugersdorp kan jy ‘n Landboufees besoek, winskopies losslaan of ‘n boeremusiekdans bywoon.
Die Adoons Landboufees by Western Cane, 10 kilometer buite Magaliesburg op die Kosterpad, vind vandag en môre plaas.
Vandag (Vrydag, 3 Junie), begin dit skuins voor middag en môre om 8vm. Pieter Koen gaan vanaand om 7nm optree. By sy optrede beloop die ingang R100 per person en R20 vir kinders jonger as 18. Bring jou eie kampstoel en vleis. Pap en sous sal voorsien word. Om jou kaartjie te bespreek, kontak Miems Bruwer by 014 577 1418.
Die Wes-Rand Sakekamer en Toerisme hou Saterdag ‘n straatmark agter die Stadsaal vanaf 8vm. Jy kan ‘n paar winskopies hier vind. Vir nog inligting, kontak Dehlia of Demi by 011 953 3727.
Saterdag gaan ‘n groot boeremusiekdans by Diamond4 Venue in Bartlettstraat, Honingklip, gehou word. Dit begin vanaf 10vm tot middernag.
‘n Kontanktkroeg en verversings sal beskikbaar wees. Vir verdure navrae, kontak Ella op 082 660 2522 of stuur ‘n epos na info@diamond4.co.za.
Lees ook:
• [PHOTOS] Awarded for growing the West Rand economy
• [VIDEO] Konsertina-en-kitaar-album maak opslae
