NewsSchool sportSchoolsSport

Hoera vir Monnas-hokkie

17 van Monnas se hokkiebokkies haal die Suid-Gautengspan en twee die Gauteng-span.

Monnas se dogtershokkie is weereens vanjaar aan die brand en lewer monumentale uitslae.

Die skool spog met ses spanne wat hierdie seisoen as ligawenners aangewys is, asook twee spanne wat naaswenners was.

Dit beteken dat al Monnas se hokkiespanne steeds in die wedloop is om in die Noordvaal-finale deel te neem.

Sewentien spelers het ook die Suid-Gautengspan gehaal terwyl twee ander spelers vir die Gauteng-span gekies is.

Sharon Manhice en Kutlwano May. Foto:Ingestuur.
Sharon Manhice en Kutlwano May. Foto:Ingestuur.

Die Suid-Gauteng-spanspelers is Larischa Botes, Laura-Mae Esterhuizen, Sjamel Lingenfelder, Veronique Esterhuizen, Jana van Rooyen, Sharon Manhice, Letabo Nkoe, Kutlwano May, Raquel McCarthy, Kaylee Harwood, Zilcha Welgemoed, Sandra van Rooyen, Celine da Silva, Mare-Mischa Gibbens, Racquel da Silva, Berne-She Swanepoel en Gaby Terblanche.

Sharon en Kutlwano het die Gauteng-span gehaal.

“Ons is baie trots op die hokkiedogters,” het Monnas se bemarkingskakel, Eben Vermaas gesê.

Soortegelyk artikels: 

Monnas rugby sorg vir nog ‘n Tuks Skole oorwinning

Monnas klop op sport- en kultuurgebiede

Monnas-sportsterre maak naam

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button