Netbalsterre haal Gauteng D2-span
Twee netbaldogters van Noordskool haal die Gauteng D2-span.
Twee talentvolle netbalsterre van Laerskool Krugersdorp-Noord pronk nadat hulle gekies is vir die Gauteng D2-netbalspan.
Tsiriletso Lesele (onder 13) en Jade Niemand (onder 12) het onlangs aan die proewe vir die Gauteng D2-span deelgeneem en as wenners weggestap.
Tsiriletso is genooi om vroeër vanjaar aan die uitdunrondtes by Hoërskool Randburg deel te neem waar sy met ander netbalspelers van regoor Gauteng meegeding het om ‘n kans om vir die Gauteng D2-span gekies te word.
Die finale rondte is by Hoërskool Linden gehou waar sy aangewys is as een van die agt beste verdedigers in Gauteng, en het die provinsiale span gehaal.
Jade het ook die Gauteng D2-span as hulpdoel in haar oudersdomsgroep gehaal.
Hul afrigters Marianne Wilsenach en Christien de Buisson is besonder trots op hierdie netbaldogters se prestasies.
Soortgelyke artikels:
•Vyf van Noordskool op pad kampioenskappe toe
