Local newsNews

Landboufees al hoe gewilder

Die Adoons Landboufees was vanjaar weer 'n sukses en het weer honderde mense gelok.

Die Adoons Landboufees, waar alles van pannekoek, kunswerke, veevoer en trekkers te koop was, het boere oor die naweek behoorlik aan die gons gehad.

Die fees het Vrydag en Saterdag by Wester Cane, 10 kilometer buite Magaliesburg, plaasgevind. Verskeie plaaslike kunstenaars was in aksie en kokke het pannekoek, vetkoek en boereworsrolle aan die hongeriges verkoop. Vir die trekkerentoesiaste het John Deere die 9570RX-vierspoortrekker gedemonstreer.

Willie Dry, die feesorganiseerder, het vir die News vertel dat dit die eerste keer sou wees dat dié trekker in Suid-Afrika gedemonstreer word.

“Dis ‘n baie mooi trekker, maar met sy 1 250 liter tenk kan hy jou sak ruk,” het hy gesê.

Talle boere, nes Willie, was opgewonde oor vanjaar se fees waar besoekers selfs kon teiken skiet en die stoetvee bewonder.

“Daar is 2 000 mense teenoor laasjaar se 700 verwag,” het hy gesê.

Om sy naam as familiefees gestand te doen, het Pieter Koen Vrydagaand tussen die hooi en masjinerie op die buitelugverhoog opgetree. Willie het seker gemaak daar word vure aangesteek om die mense warm te hou.

Die braaivure is ook aangesteek en besoekers kon ‘n vleisie saam met die pap en sous geniet.

Die fees word jaarliks spesifiek vir die boeregemeenskap buite Magaliesburg gehou.

Lees verder:

Vroue-Landbou-unie hou verjaarsdagpartytjie

Ontwikkeling wurg landbou in Tarlton

Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.

For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites: 

Randfontein Herald

Roodepoort Record

Get It Joburg West Magazine

Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button