Local newsNews

Tatta Krugersdorp!

Ek, Chantelle Fourie, sê dankie vir jou stories.

Krugersdorp. Die Wille Weste. Hierdie Wessies-girl sê nou koebaai.

Na 21 jaar groet ek jou.

Jy het my gehuisves, my geskool en ek het by jou my werkskoene aangetrek. Hier by jou het ek grootgeword.

Dikwels sal jy hoor: “Daar is nêrens ‘n plek soos Krugersdorp nie,” en dis waar.

Die dorp sal vir ewig ‘n plek in my hart hê. Van flieks, casino’s en inkopiesentrums tot bergreekse, damme, parke en vliegvelde. Ek sê weer, daar is nie nog ‘n dorp soos Krugersdorp in die wêreld nie.

By die News het ek selfs meer oor die dorp en sy mense geleer toe ek in Februarie verlede jaar hier aangesluit het. Ek het besef dat meeste inwoners ook trots op hul dorp is. Uit die stories van onderwysers, bedelaars, sangers, skoonmakers, vlieëniers, raadslede en polisiemanne het ek weer besef dat as ons gesny word, bloei almal maar dieselfde.

Dankie aan dié wat my vertrou het met jul stories en dankie aan dié wat dit moeilik gemaak het om dit te skryf. My oë het oopgegaan, maar my ink het nooit opgedroog nie.

Ek sluit 13 Junie by Caxton se Noord-Wes kantoor aan waar ek weer as joernalis by die Roodepoort Northsider, Randburg Sun en Northcliff/Melville Times gaan inval. My kontakbesonderhede bly dieselfde. Maar dit is nou tyd om plek te maak vir ‘n nuwe joernalis om die dorp se mooi te leer ken.

Met my laaste skrywe by die koerant wil ek jou, Krugersdorp, herinner dat dit nie saak maak hoeveel rowe, moorde, dood of angs daar oor jou kom nie, jy sal altyd wees soos jy is – uniek, gesellig en lief vir jou mense.

Top artikels van Chantelle:

Still a keen pilot at 80

Baby Blake still fighting

Government confirms 4 rabies cases, campaigns to start

[PHOTOS] Brave little cancer fighter with big smile

[VIDEO] Most common taxi signs explained

Welkom by die News Chantelle

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button