Die News-span wil graag hul nuwe joernalis, Ghia ten Doeschate, aan die gemeenskap voorstel.
Ghia het sowat 15 jaar gelede saam met haar familie Kromdraai toe getrek, en is nog nie een dag daaroor spyt nie.
“My familie versamel ou karre en daarom weet ek meer as die gewone meisie van wat in ‘n kar se enjin aangaan,” sĂȘ Ghia.
Sy is ‘n trotse oud-Monumentaar en het in 2012 daar gematrikuleer.
“Van daar af het ek my graad in sosiale wetenskappe by Monash Universiteit in Ruimsig gekry. My passie is skryf en ek streef daarna om net my beste te doen.”
Welkom by die span Ghia!
Skakel gerus vir Ghia as jy ‘n storie het om met haar te deel. Skakel haar by 011 955 1130 of stuur gerus vir haar ‘n epos na ghia@caxton.co.za.
Lees Ghia se artikels:
Three injured in Krugersdorp crash
[PHOTOS] Give and you shall receive
