Twee van Noordskool is Goue Leeus
Twee rugbyspelers van Laerskool Krugersdorp-Noord verteenwoordig hul skool en provinsie in die komende skoolvakansie.
Noordskool se rugbyseisoen het op ‘n hoë noot geëindig vir twee seuns wat albei vir die Goue Leeus-rugbyspan gekies is.
Waldo van den Berg en Katlego Zwane stap breëbors rond nadat hulle gekies is om die Goue Leeus en hul skool in die komende skoolvakansie te verteenwoordig .
Waldo is gekies vir die Goue Leeus se onder 13-span en Katlego vir die Goue Leeus se onder 12-span.
Dit is Waldo se tweede jaar as ‘n Goue Leeu aangesien hy in 2015 reeds vir die onder 12-span uitgedraf het.
“Hierdie seuns oefen hard en toon ook goeie leierskap. Hulle glo in Victor Matfield se filosofie dat champions train while others sleep. Hou gerus hierdie seuns dop, hulle kan dalk oor sewe jaar vir ‘n Super 18-span uitdraf,” het Marinus de Beer, afrigter by die skool gesê.
Soortgelyke artikels:
•Vyf van Noordskool op pad kampioenskappe toe
•Noordskool sluit jaar met sukses
