Local newsNews

[FOTO’s] Plaaslike besighede stuur water Kroonstad toe

Nie eers die yskoue weer kon die mense keer nie – Kroonstad kry nog water!

Ongeveer 40 000 liter water is Dinsdagoggend (14 Junie) Kroonstad toe gestuur.

Jenneth Prinsloo van Plantwise het ‘n insamelingsprojek begin nadat sy na Carte Blanche se verslag oor die kritieke watertekort in Kroonstad gekyk het.

Die Bloemhoekdam, wat water aan Kroonstad verskaf, is minder as een persent vol.

Jenneth het toe begin rond bel en met haar kollegas en besigheidsvennote gesels om water in te samel om na die dorp toe te stuur. Met die hulp van ander plaaslike besighede en Aquazania van Linbro Park het hulle omtrent 22 500 liter drinkwater en 18 000 liter water vir ander gebruike versamel om aan Kroonstad te skenk.

Die span het toe Dinsdagoggend bymekaar gekom en met die bystand van die Mogale City Verkeersdepartement het die konvooi die lang pad Kroonstad toe aangepak.

 

See also:

•Jagters plant bome om bewustheid te kweek

•Kleuters samel water vir Kroonstad in

•Driveway ruined after water leak ‘fix’

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button