Die senior burgers van Môreglans Tehuis het op Jeugdag die tehuis se nie-so-jeugdige verjaarsdag gevier.
Die eetsaal was stampvol toe sowat 111 inwoners saam met personeel die tehuis se 106de verjaarsdagvieringe bygewoon het.
Die eetsaal was mooi versier met geel en oranje ballonne en genoeg koek vir ‘n weermag.
Fanie Meyer, die tehuisbestuurder het die vieringe met ‘n teksvers uit die Bybel geopen, gevolg deur ‘n paar gevleuelde woorde.

Dit was ‘n behoorlike partytjie met stroopsoet koek en warm Milo.
Die saal het gegons soos die inwoners gesels het terwyl hulle aan die lekker eetgoed gepeusel het.
“Dit is vir ons baie lekker om die tehuis se verjaarsdag saam met die inwoners te vier,” het Fanie gesê.
San-Mari Ferreira het aan die News gesê hoe spesial die dag vir die inwoners was en dat hulle die bederf verskriklik geniet het.
Nog Môreglans nuus:
‘Ons het wol en lappies nodig’
‘n Liefdesfondsinsameling vir kragopwekker
Môreglans doen dit sommer self
