Konsentrasiekampslagoffers se name by Paardekraal onthul
994 name is op Jeugdag onthul.
Die Paardekraal Verkenners het op Jeugdag lede van die publiek uitgenooi om die onthulling van die name van die slagoffers van die konsentrasiekamp by te woon.
Alwyn de Klerk, president van die Paardekraal Verkenners, het gesê die rede hoekom hulle die name by die Paardekraal Monument aangebring het, is dat dit daar bewaar en beskerm sal word. Dit is ook maklik genoeg om by die Monument uit te kom vir ‘n uitstappie.

Dit is die eerste keer in die geskiedenis van Krugersdorp dat die name van die slagoffers op plaatjies verskyn. Die inisiatief is dié van Jimmy Lisamore en hy het ‘n groot gedeelte van die werk gedoen.
Die konsentrasiekamp wat aan die westekant van Krugersdorp was, is op 19 Mei 1901 tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) gestig en was die grootste kamp in Transvaal, met 5 488 mense wat daarheen geneem is.

Om na nog foto’s van die geleentheid te kyk, kliek hier.
Lees verder:
Beskerm óns geskiedenis, eis VF+
Verkenners bring Oom Paul se koets huis toe
