Editor's choiceLocal newsNews

Familie met min het nou alles verloor

Alles is verwoes nadat 'n vuur in die gesin se tuinwoonstel uitgebreek het.

Anandrie Cheetham het magteloos gestaan en kyk hoe haar tuinwoonstel gistermiddag, 23 Junie, afbrand.

Sy was oppad om wasgoed op te hang toe sy ‘n groot slag hoor en is inderhaas terug na haar woonstel om ondersoek in te stel.

“Toe ek binne kom was die krag reeds af en die woonstel klaar aan die eenkant aan die brand.”

Daar is net rommel en as oor na die brand by die Cheetham-gesin se woonstel.
Daar is net rommel en as oor na die brand by die Cheetham-gesin se woonstel.

Sy het vinnig haar skoonma in die huis gaan roep om hulp maar die woonstel was klaar in vlamme verswelg.

Uit desperaatheid het haar skoonma ‘n emmer vol water gaan haal maar dit was reeds te laat.

Die brand het al die gesin se besittings verwoes wat hul kos, klere, beddens, televisie en selfs hul driejarige dogtertjie, wat vroeër die week haar verjaarsdag gevier het, se speelgoed insluit. ‘n Splinternuwe stoof en sitkamerstel was ook verwoes.

Haar trouring en haar oorlede ma se as is die twee mees sentimentele items wat in die brand verwoes is.

Anandrie Cheetham kyk na die ashoop wat oor is van die gesin se woonstel.
Anandrie Cheetham kyk na die ashoop wat oor is van die gesin se woonstel.

“Dis aardse besittings, my vrou se veiligheid is vir my meer belangrik,” het Anandrie se man, Cedric gesê.

“Ons het nog nie eers die eerste paaiement op die stoof betaal nie,” sê Cedric.

Die Sektor 5 Gemeenskapspolisiëringsforum was binne minute by hul huis en het dadelik ingespring en gehelp.

‘n Emosionele skoonma, Poppie Cheetham, het die GPF, bure en hul vriende geprys vir hul spoedige reaksie en hulp tydens die brand.

Die gesin het nou net die klere op hul rue en gaan tydelik by die skoonma en ander gesinslede bly waar hulle op die banke gaan slaap.

As die gemeenskap wil uitreik na die Cheetham-gesin kan hulle Poppie by 073 474 0230 skakel.

Lees verder:

Gesin verloor alles in brand

Verjaardagrokkie in brand vernietig

Net ‘n wasgoedmandjie oor na verwoestende brand

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button