Local newsNews

Seniors jeuk om jukskeiwisseltrofee in te palm

Verskeie tehuise ding mee vir die gesogte jukskeiwisseltrofee.

Inwoners van verskeie tehuise vir bejaardes in die dorp is hard aan die oefen om aan ‘n maandelikse vriendskaplike jukskeitoernooi deel te neem.

Wat is op die spel? Die wisseltrofee vir die beste jukskeispan natuurlik!

Die sekretaris Johan Rossouw maak die bejaardes touwys met die reëls en regulasies van die sport. Foto: verskaf.
Die sekretaris Johan Rossouw maak die bejaardes touwys met die reëls en regulasies van die sport. Foto: verskaf.

Inwoners van die Luipaardsvlei-, Emmanuel- en Moria-tehuis asook lede van die Krugersdorpse Raad vir die Versorging van Bejaardes kom een maal per maand bymekaar om op die jukskeibaan vir die gesogte titel mee te ding.

Elke tehuis het sy eie unieke sportdrag vir die toernooi en die Luipaardsvlei-jukskeispelers word uitgeken aan hul asemrowende lemmetjiegroen-en-blou hemde.

Bejaardes van verskeie tehuise kom bymekaar om jukskei te spaal. Foto: verskaf.
Bejaardes van verskeie tehuise kom bymekaar om jukskei te spaal. Foto: verskaf.

Die sekretaris vir die toernooi, Johan Rossouw het onlangs vir ‘n paar bejaardes die fyner kunsies van jukskei geleer.

“Ons sien verskriklik daarna om vir die wisseltrofee te speel,” het Amy de Bruin van die Luipaardsvlei-tehuis gesê.

Soortgelyke artikels:

Luipaardsvlei Tehuis talent kompetisie

Plaatkoekies vir die bejaardes van Luipaardsvlei

Dans, dans vir Kersfees 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button