NewsSchool sportSchoolsSport

Kennies-rugby tref die teiken

Dit is 'n goeie rugbyseisoen met talle Goue Leeus-spelers en ligawenners.

Laerskool Kenmare beleef sover ‘n groot en suksesvolle jaar in rugby nadat talle spanne na verskeie finale rondtes deurgedring het.

Kennies se rugbyspanne het almal hul tassies gepak vir die wintervakansie en is tans op toer.

'n Trotse o.9-span met skoolhoof Wouter Immelman en afrigters Peter du Toit en Alwyn Burger.
‘n Trotse o.9-span met skoolhoof Wouter Immelman en afrigters Peter du Toit en Alwyn Burger.

Die o.9A’s en B’s asook die o.10A’s en B’s sal teen Konka speel terwyl die o.11A’s en B’s, die tweedes en eerstes teen Grey Kollege sal speel.

Laerskool Kenmare se eersterugbyspan met skoolhoof Wouter Immelman en afrigters Morne Kruger, Pieter du Toit en Bernè Grobler.
Laerskool Kenmare se eersterugbyspan met skoolhoof Wouter Immelman en afrigters Morne Kruger, Pieter du Toit en Bernè Grobler.

Die derde en vierde spanne sal in hul eindstryde teen Parys speel.

Verder spog Kennies met al hul B-spanne wat die Superliga-skoletoernooi gewen het. Al die A-spanne het die Goue Leeus se kwartfinale en semifinale gewen.

Die o.11-rugbyspan met skoolhoof Wouter Immelman en afrigters DJ Cope en Bernè Grobler.
Die o.11-rugbyspan met skoolhoof Wouter Immelman en afrigters DJ Cope en Bernè Grobler.

Die skool het ook hierdie seisoen ‘n totaal van 10 Goue Leeus-spelers en vier -skeidsregters opgelewer.

Soortgelyke artikels:

Kenmare-atlete vir Gauteng-span gekies

Kenmare-atlete op pad kampioenskappe toe

[FOTO’s] Kenmare se kekkelbekkies

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button