NewsSchool sportSchoolsSport

Noordskool se netbalsterre skitter

Twee netbalspanne van Noordskool bereik fenomenale prestasies op die baan.

Twee van Laerskool Krugersdorp-Noord se netbalspanne het besonders goed gevaar hierdie afgelope seisoen.

Laerskool Krugersdorp-Noord se o.12 netbalspan het al vyf van hul wedstryde by die Jomo (Johannesburg en Mogale) reeks gewen.

Hulle het by Pretoria Girls High aan die Gauteng Kampioenskappe deelgeneem waar elke span ses strawwe wedstryde gespeel het.

Wierdapark was die algehele wenners van die 17 deelnemende skole.

Elmarie van der Walt en die o.10 netbalspan spog as Krugersdorp wenners.
Elmarie van der Walt en die o.10 netbalspan spog as Krugersdorp wenners.

“Die meisies het die dag baie geniet en baie van netbal geleer. Baie dankie aan al die entoesiastiese ondersteuners,” het hul afrigter, Christien du Buisson gesê.

Na ‘n lang en harde netbalseisoen het die o.10 netbalspan as Krugersdorp wenners uit die stryd getree.

In die uitspeel vir die D2-trofee het hulle afgereken met Gerttit Maritz en Jongspan.

Hulle sluit die 2016 seisoen as D2-kampioene af.

Soortgelyke artikels:

Noordskool se hokkie tops

Vyf van Noordskool op pad kampioenskappe toe

Twee van Noordskool is Goue Leeus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button