Koekedoor maak ook tuin
Wessels van kykNET se Koekedoor ontwerp sy eie tuin.
Die kykNET-program Koekedoor se Wessels van Vuuren is nie net ‘n kampioenbakker nie, hy het ook groen vingers.
Wessels was een van Koekedoor se twee finaliste – die ander finalis was Corli Botha – wat vir die titel van top Koekedoor meegeding het.
Die wenner, Corli, was Donderdagaand op die program aangekondig.

Maar intussen is Wessels besig om ‘n sy eie tuin vir Garden World se jaarlikse Lentefees te ontwerp.
Sy tuin gaan twee dele hê: een wat sy Koekedoor-storie vertel, en een wat meer persoonlik is agter in die tuin.

Hy het sy tuin ontwerp om ‘n sensoriese ervaring te wees.
“Ek het die laventel ingesit vir die geur, gras vir die tekstuur, alwyne vir die kleur, asook kruie, olyf- en suurlemoenbome vir bak,” het hy gesê.
Sy tuin sal van 29 Julie vir die publiek oop wees as deel van Garden World in Muldersdrift se Lentefees.
Sien ook:
•Muldersdrift wins best CPF in Gauteng
•Local actor an inspiration to the youth
•Lizz Meiring vertoning by Garden World

