Local newsNews

[FOTO’s] Motorentoesiaste gee terug

Die Wes-Rand Skool vir mense met gestremdhede het Sondagmiddag komberse en niebederfbare kos ontvang.

‘n Idee van ‘n man en sy vrou het vinnig in ‘n jaarlikse byeenkoms verander wat die minderbevoorregtes van die dorp bevoordeel.

Bollie en Herman Pienaar het in 2009 besluit om iets te doen om mense in die gemeenskap te help, en met die bystand van Evert Louw en die bestuur van President Hyper is die Goodwill Run gebore.

Die Goodwill Run is ‘n motorskou waartydens komberse en niebederfbare kos vir ‘n liefdadigheidsorganisasie in die gemeenskap ingesamel word.

Vanjaar is die ontvangers die Wes-Rand Skool vir mense met gestremdhede.

Bollie het gesê dat die skool se staatsubsidies gehalveer is en hulle wil die skool graag probeer help. Baie van die kinders kry net kos by die skool, en met die inisiatief kan die skool kos saam met die kinders huis toe stuur.

Weens die sukses van die Goodwill Run in Krugersdorp het Nick Karayiannides, die bemarkingsdirekteur van President Hyper hulle genader om ook ‘n skou by hul Fochville- en Vanderbijlpark-takke te reël.

Lees verder:

Where vintage and vinyl meet

Cars of Krugersdorp: 1970 Buick Riviera

Cars of Krugersdorp: 1975 Audi 100 Coupe S

Cars of Krugersdorp: 1931 Pontiac Cabriolet

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button