Om aangeneem te word is enige weeskind se droom, maar dit los nie al die probleme op nie.
Flip Nel het vir *Peet aangeneem, en vir ses maande al bly hulle saam. Peet is nou vyf jaar oud, en vra baie keer hoekom Flip se van Nel is en syne nie. Hy vra ook baie uit oor sy familie.
Flip wil baie graag Peet se van verander sodat hy ook ‘n Nel kan wees, maar om dit te kan doen, het hulle iets baie belangrik nodig: Peet se biologiese ma se toestemming.
Hulle het al probeer om haar op te spoor maar hulle het tot dusver niks behalwe haar naam, Shasha-Louise Harrington nie. Peet is op 27 April 2011 gebore.
Indien jy iets weet wat vir Flip en Peet kan help, of inligting kan verskaf, kontak die maatskaplike werker by Rata Social Services dringend by 014 717 3594.
*Peet is ‘n skuilnaam.
