Sportster Liza ook nou hoofleier
Liza het in Junie die Suid-Afrikaanse senior span by die Afrika Kampioenskappe in Durban verteenwoordig.
Danksy Liza Kellerman se puik prestasie in atletiek die afgelope vier jaar het Hoërskool Monument haar verkies tot Hoofleier vir Sport vir 2017. Dié talentvolle atleet is lid van die Matriekraad en dien op die Uitvoerende Raad.
Liza is tans die SA o.17-skolekampioen in die 800m en is by die Super Interhoër aangewys as die beste baanatleet onder die senior dogters.
Sy het by die SA Ope Kampioenskappe in Bloemfontein eerste plek behaal in die 800m-naelloop, en in April het sy by die senior ASA Kampioenskappe in Stellenbosch tweede geëindig, kort op die hakke van die SA Olimpiese atleet Caster Semenya.
Liza het in Junie die Suid-Afrikaanse senior span by die Afrika Kampioenskappe in Durban verteenwoordig, ook in die 800m- naelloop.
Sy is ingesluit in die SA Junior span wat in Junie in Zambië aan die Southern Region Championships deelgeneem het, en het tweede plek in die 800m naelloop behaal.
Liza is ook in die voorlopige SA Junior span wat vanjaar aan die Wêreldkampioenskappe in Pole gaan deelneem. Sy het met ‘n tyd van 2 minute 5,75 sekondes vir die kampioenskappe gekwalifiseer.
Sy gaan SA in die 800m by die Region 5 Games verteenwoordig wat in Desember in Angola plaasvind. Daar sal sy onder meer met atlete uit lande soos Malawi, Mauritius, Namibië, Lesotho, Mosambiek, Botswana en Swaziland meeding.
Liza en haar Monnas-span het die spankompetisie by die NuPower-landloopbyeenkoms in Rustenburg gewen. Sy het die dogtersafdeling gewen en goud verower.
Sy neem ook jaarliks deel aan die ASA-landloopkampioenskappe en het in 2014 ‘n tweede daar plek behaal.
Meer oor Liza:
Monnas-atlete presteer by skolekampioenskappe
Top atleet deur na Afrika Kampioenskappe
