NewsSchool sportSchoolsSport

Noordskool se netbalmeisies se goue jaar

Na nog ‘n uitspeelwedstryd het hulle deurgedring na die Wes-Gauteng Kampioenskappe.

Laerskool Krugersdorp-Noord se o.12A netbalspan het ‘n goue jaar beleef.

Die seisoen het afgeskop met die verowering van ‘n trofee as o.12 wenners by ‘n onlangse sportdag. Daarna het hulle die D2 liga verower.

Na nog ‘n uitspeelwedstryd het hulle deurgedring na die Wes-Gauteng Kampioenskappe waar hulle al ses hul wedstryde gewen het. Sodoende het hulle deurgedring na die Gauteng Kampioenskappe wat in Pretoria plaasgevind het.

Daar het hulle agt strawwe wedstryde gespeel, maar Laerskool Wierdapark is as algehele wenner onder die 16 deelnemende skole aangewys.

Die span het die dag baie geniet en baie van netbal geleer.

Lees verder:

Noordskool se netbalsterre skitter

Vyf van Noordskool op pad kampioenskappe toe

Knapgedaan vir Noordskool se sportster

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button