Editor's choiceLocal newsNewsSchools

Heerlike lente by Nories

Terwyl ‘n groot groep leerlinge net oë vir Stiaan Smith en Bennie Fourie gehad het, het ander hulle aan die fyner Amalia Uys verkyk.

Dit het Woensdag, 21 September omtrent by Hoërskool Noordheuwel gegons toe sterre van die nuwe Afrikaanse rolprent Sy klink soos lente die skool besoek het.

Stiaan Smith, Amalia Uys, Bennie Fourie en Bouwer Bosch, die sterre van die Afrikaanse rolprent 'Sy lyk soos lente', het Hoërskool Noordheuwel-leerlinge verras met 'n besoek.
Stiaan Smith, Amalia Uys, Bennie Fourie en Bouwer Bosch, die sterre van die Afrikaanse rolprent ‘Sy lyk soos lente’, het Hoërskool Noordheuwel-leerlinge verras met ‘n besoek.

Die leerlinge was verras toe die groepie sterre tydens die skool se vierkantopening hul verskyning gemaak het.

Terwyl ‘n groot groep leerlinge net oë vir Stiaan Smith en Bennie Fourie gehad het, het ander hulle aan die fyner Amalia Uys verkyk. Ander leerlinge het weer Bouwer Bosch se musiektalent bewonder.

Leerlinge het selfies geneem asof dit uit die mode gaan terwyl ander ‘n geselsie met die sterre aangeknoop het.

Die sterre van die Afrikaanse rolprent, Sy lyk soos lente, het Woensdag, 21 September Hoërskool Noordheuwel se leerlinge tydens vierkantopening verras.
Die sterre van die Afrikaanse rolprent, Sy lyk soos lente, het Woensdag, 21 September Hoërskool Noordheuwel se leerlinge tydens vierkantopening verras.

Die rolprent is ‘n Afrikaanse romantiese komedie wat die verhaal vertel van ‘n selfvoldane werktuigkundige genaamd Ben (Stiaan Smith) en ‘n meisie wat hy in ‘n kroeg ontmoet het.

Die meisie, Linda (Amalia Uys), se pa is Ben se werkgewer. Maar aangesien Linda uit sy liga is, lieg hy tydens hul gesprek in die kroeg en sê hy is hoofsanger van ‘n band.

Hy moet ‘n band begin om sy leuens te staaf, maar kort voor lank begin die vonke spat.

Amalia Uys, Stiaan Smith, Bennie Fourie en Bouwer Bosch, die akteurs van die Afrikaanse rolprent 'Sy lyk soos lente' neem 'n selfie tydens hul besoek aan HS Noordheuwel.
Amalia Uys, Stiaan Smith, Bennie Fourie en Bouwer Bosch, die akteurs van die Afrikaanse rolprent ‘Sy lyk soos lente’ neem ‘n selfie tydens hul besoek aan HS Noordheuwel.

Die verhaal handel oor die herontdekking van passie, asook hoe om uit te vind wat dit beteken om goed genoeg te wees.

Sy klink soos lente begin op 30 September in teaters landswyd draai.

Lees ook:

Nories head girl in critical condition after collision

Groot opwinding vir fliek liefhebbers!

Sy klink soos lente

Wen ‘n ‘Hollywood in my Huis’ DVD

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button