Editor's choiceNewsSchools

Monnas se dansers floreer

Nie net moes die dansers die produksie en alles wat daarmee gepaart gaan reël nie, maar die produksie het ook as eksamen dien.

Hoërskool Monument se Dansdepartement is bekend vir die menige NEA (Nasionale Eisteddfod) en RDF (Roodepoort Dance Festival) titels wat hul dansers reeds verower het.

Die departement het verlede jaar met die titel Algehele NEA Wenners weggestap met hul Heavy in your arms-produksie. Tydens die matriek-voorbereidingeksamen het die dansers steeds titels ingepalm. Die matriekdansers het ‘n algehele gemiddeld van 73 persent tydens die eindeksamen behaal.

Hoërskool Monument se Dansdepartement-leerlinge het verlede jaar hul Wolf-Matrix produksie suksesvol geloods. Foto: Hoërskool Monument.
Hoërskool Monument se Dansdepartement-leerlinge het verlede jaar hul Wolf-Matrix produksie suksesvol geloods. Foto: Hoërskool Monument.

Aan die begin van dié jaar het die departement dadelik die nuwe matriekdansgroep ingelyf sodat hulle kon aanhou presteer.

Dit was nie net die groep se verantwoordelikheid om hul dansproduksie vanjaar foutloos te hou nie, maar ook om die hele produksie saam te stel en alles te reël wat daarmee gepaard gaan aangesien dit ook as eksamen gedien het. Die dansers moes self fondsinsamelings hou, die produksie adverteer, dekor saamstel, kaartjies verkoop en selfs hul skofte by Spur volhou om genoeg geld vir die produksie in te samel.

Hulle het ook ‘n flashmob geloods as deel van die departement se advertensiestrategie.

Hoërskool Monument se dansleerlinge op die verhoog in hul 'Heavy in your arms'-produksie tydens verlede jaar se Nasionale Eisteddfod-kompetisie. Foto: Hoërskool Monument.
Hoërskool Monument se dansleerlinge op die verhoog in hul ‘Heavy in your arms’-produksie tydens verlede jaar se Nasionale Eisteddfod-kompetisie. Foto: Hoërskool Monument.

Cathy Gibbons, ‘n lid van die Gauteng Onderwysdepartement het die produksie bygewoon om die dansers saam met Carina Ghyoot, Yolandi Herbst en Tania Lotriet te eksamineer.

“Dit was absoluut ‘n weerspieëling van die Dansdepartement se hardwerkende en talentvolle dansers,” het Tania gesê.

Die dansers is vir hul moeite beloon met ‘n uitstappie na dr Gunter von Hagen’s Body Worlds Vital Exhibition in Johannesburg. Hulle het daar van die anatomie en lae van die menslike liggaam geleer en later die inligting in hulle choreografie geïnkorporeer.

Hoërskool Monument se dansgroep het tydens die Nasionale Eisteddfod (NEA) in 2015 as algehele wenners wegestap. Foto: Hoërskool Monument
Hoërskool Monument se dansgroep het tydens die Nasionale Eisteddfod (NEA) in 2015 as algehele wenners wegestap. Foto: Hoërskool Monument

Met die laaste kwartaal in sig beplan die Dansdepartement om volstoom aan die gang te bly. Hulle is alreeds besig om vir die NEA en RDF voor te berei en beplan om sewe groepe en 46 soliste in te skryf.

Die finale Dansdepartement-eksamens is reeds op 20 Augustus afgelê en die dansers het goed presteer.

“Die dansers het deur die jaar ‘n familie gevorm,” het Talia gesê. “Ons sweet, bloei, huil en lag saam. Ons het stukkende voete en blou kolle. Ons het seer spiere en ons word ongeduldig met mekaar.

Maar ons oefen hard om te wys watter ongelooflike goed ons liggame kan doen.”

Martha Graham, die bekende Amerikaanse moderne danser het mos jare gelede gesê, “Ons arms begin in die middel van ons rûe, want arms was eers vlerke”.

Verwante artikels:

• Monument Dam lanklaas so vol

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button