Noordheuwel se wonderkind
Is daar enige iets wat Jeanique nie kan doen nie?
Jeanique Marais, ‘n leerling van Hoërskool Noordheuwel, is nie jou gewone matriekmeisie nie.
Sy sing, skryf, skilder, ontwerp klere, neem foto’s en lees dat die biesies bewe.

Hierdie talentvolle 18-jarige het haar eie matriekafskeidrok ontwerp en was ook ‘n top 8-finalis in die skool se Idols-kompetisie.
Bo en behalwe al die kuns- en kultuurkursusse en -klasse wat sy al bygewoon het, is sy tans besig om al die werke van William Shakespear te lees.
Jeanique gaan volgende jaar ‘n oorbruggingsjaar neem om ‘n bietjie au pair-werk in die VSA te doen. Daarna beoog sy om verder in die kunste te swot.

Haar ouers sowel as haar skool is geweldig trots op hul wonderkind.
