Vroue is onlangs bederf met heerlike eet- en drinkgoed by Hoërskool Bastion se Damestee – alles vir ‘n goeie doel.
Bernadene Ross het die damestee aangebied om geld in te samel vir die opgradering van die skool se ouditorium en kultuursentrum.

Die gasvroue van elke tafel het hulself oortref met die pragtige en kleurvolle versierings asook al die heerlike eetgoed. Dokter N Chiranjan was die gasspreker en het seker gemaak dat die vroue bewus gemaak word van kankersimptome, -diagnose en -behandeling.
‘n Tukkies-dramagroep en asook leerlinge van die skool het die gaste met hul onderskeie sangitems vermaak. Daar was ook ‘n vioolsolo sowel as ‘n klopdansitem.

Pryse is uitgeloot en elke gasvrou het ‘n geskenkie ontvang om dankie te sê vir hul moeite. “Dankie vir elkeen se teenwoordigheid en bereidwilligheid om altyd te help,” het Bernadene gesê.
Verwante artikels:
• Bastion-atleet se weghol-sukses
• Bastion teacher in Trezona accident
• Bastion bou gees met straatkilometer
