Editor's choiceLocal newsNewsSchools

GPF Sektor 5 stap 504km vir kanker

"Ons onthou die wat die stryd verloor het, maar ons hou nooit op om teen kanker te veg nie."

Na maande se fyn beplanning en harde werk het Kansa Wes-Rand die Relay for Life op 14 Oktober by Hoërskool Monument gehou.

Die funksie het afgeskop met ‘n spesiale rondte om die rugbyveld, slegs vir kanker oorwinnaars. Omtrent 179 sulkes het die geleentheid bygewoon. Hulle is gevolg deur ‘n rondte wat gestap is deur ‘n groep versorgers wat nou saam met kanker pasiënte werk.

Die woord hope was met kersies op Hoërskool Monument se pawiljoen tydens die geleentheid op 14 Oktober. Foto: GPF Sektor 5.
Die woord hope was met kersies op Hoërskool Monument se pawiljoen tydens die geleentheid op 14 Oktober. Foto: GPF Sektor 5.

Al die ondersteuners se oë was opgeslaan na die hemele toe honderde ballonne van hoop in die lug opgestuur is. Om 7.30nm is al die ligte om die veld afgeskakel en die ondersteuners het een vir een hul kersies aangesteek, om die woord ‘HOPE’ op die pawiljoen uit te spel.

Al die ondersteuners se oë was opgeslaan na die hemele to honderde ballonne van hoop in die lug tydens die geleentheid opgestuur is. Foto: GPF Sektor 5.
Al die ondersteuners se oë was opgeslaan na die hemele to honderde ballonne van hoop in die lug tydens die geleentheid opgestuur is. Foto: GPF Sektor 5.

“Ons onthou dié wat die stryd verloor het,” het Noldi de Bruyn, woordvoerder vir Kansa gesê. “Maar ons hou nooit op om teen kanker te veg nie. Die groot ‘K’ eis jaarliks duisende lewens.”

Negentig spanne het daardie Vrydagaand om die veld begin gestap, en hulle het nie opgehou tot die vroeë oggendure van Saterdag, 15 Oktober nie.

Gaskunstenaars soos Candy Benson en Franna Pretorius het die ondersteuners met musiek vermaak terwyl hulle rondte na rondte om die veld beweeg het. Talle aktiwiteite soos lyndans, boeresport en Zumba is ook geloods en het gehelp om almal in goeie gees wakker te hou. Dit het die stryd teen kanker gesimboliseer want – volgens Kansa – slaap kanker nooit nie.

GPF Sektor 5 het die prys vir die meeste rondtes tydens die Kansa Relay for Life op 15 Oktober gewen. Hulle het altesaam 1290 rondtes geloop.  Foto: GPF Sektor 5.
GPF Sektor 5 het die prys vir die meeste rondtes tydens die Kansa Relay for Life op 15 Oktober gewen. Hulle het altesaam 1290 rondtes geloop.
Foto: GPF Sektor 5.

Ondersteuners het ook deelgeneem aan aktiwiteite waar talle pryse gewen kon word. Daar was pryse vir spangees, beste kleredrag, meeste spanne ingeskryf en meeste rondtes geloop. Die plaaslike Gemeenskapspolisiëringsforum het verskeie spanne ingeskryf en Sektor 5 se span het die beker vir die meeste rondtes ontvang.

Dié span het 1 290 keer om die veld geloop (min of meer 504km). Die span het ook soos Indiane aangetrek om gees te bou.

Moeg, maar dankbaar, het die ondersteuners die sonopkoms bewonder terwyl die geleentheid afgesluit is.

“Om die son te sien opkom is altyd ‘n blye oomblik vir ‘n kanker pasiënt.”

Sien ook: 

Stappers eer kankerleiers

Video: Speeltyd vir kankerlyertjie

Make sure you know your CPF sector numbers

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button