Pa en seun sterf in padongeluk
Die familie was glo op pad see toe vir 'n wegbreek.
‘n Graad 4-leerling van Laerskool Kenmare, Kyle Steyn, en sy pa Bertus, is op Vrydag 21 Oktober op slag dood in ‘n padongeluk.
Die Steyns was glo op pad na die KZN-kus vir ‘n wegbreek toe hulle reg van voor met ‘n vragmotor gebots het.
Die bestuurder van die vragmotor het glo aan die slaap geraak en na bewering die ongeluk veroorsaak.

Laerskool Kenmare het die volgende op hul Facebook-blad geplaas:
“Laerskool Kenmare moet met baie hartseer aankondig dat Kyle Steyn, een van ons Graad 4-leerders, en sy pappa gisteraand in ‘n motorongeluk oorlede is. Ons innige simpatie aan Mnr DJ, sy klasmaats en maats, en veral aan sy familie. Ons bid u sterkte toe in hierdie ongelooflike hartseer tyd. Rus sag, Kyle.”
Kyle se ma, Karen, is na ‘n hospitaal in Pretoria oorgeplaas waar sy tans ‘n operasie aan haar heup en gebreekte been ondergaan.
Meer besonderhede sal gepubliseer word sodra dit bekend word.
Lees verder:
‘n Leemte na twee van Nic Diederichs sterf
Oorlede hoof se dogter in kritieke toestand na ongeluk
Trokbestuurder hardloop van ongelukstoneel af weg
Beseerdes herroep ongeluk gebeure
Vriende se dood laat ‘n leemte
