Enjinlose resies vir fikse Kennies
Rondte na rondte het die leerders hul bestuurder om 'n baan gestoot.
Laerskool Kenmare het onlangs kaskar-uithouwedrenne as fondsinsameling vir die skool gehou.
Rondte na rondte het die leerders hul bestuurder om ‘n baan gestoot. Selfs die onderwysers het ‘n geleentheid gekry om teen mekaar kaskarresies te hardloop.
Die dag was ‘n groot sukses – nie net omdat dit ongelooflike pret en plesier was nie, maar ook omdat die fondse wat ingesamel is, ‘n groot bydrae tot die skool se finansiële welstand sal lewer.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na krugersdorpnews@caxton.co.za of skakel ons by 011 955 1130.
Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterwebtuistes:
Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!
