Veels geluk liewe Noordskool omdat jy verjaar
Die vorige drie hoofde het die geleentheid bygewoon.
Laerskool Krugersdorp-Noord het in Oktober weer ‘n groot verjaarsdag gevier. Die skool het 97 jaar oud geword.
Die leier-ouers van die skool het ‘n groot verjaarsdagkoek gebak wat oor twee staaltafels gestrek het.
Die koek is onder andere met die skool se wapen, asook die foto’s van die vorige ses hoofde en die huidige hoof versier.
Al die leerders en personeel het op die sportterrein bymekaar gekom vir die feesvieringe.
Die vorige drie hoofde, Gerrie van Rooyen, Andries Kruger en Herman Groenewald het die geleentheid bygewoon.
Die hoofdogter, Suné Rennie het ‘n boodskap namens die leerders gelewer en die hoof, Charles Miller het ‘n boodskap van gelukwense oorgedra.
Daarna het Veels geluk liewe Noordskool … deur die dorp weergalm.
Die oudhoofde was baie bly om terug te wees by hul ‘ou’ skool en het die besoek baie geniet.
Daarna het almal heerlik aan die sjokoladekoek gesmul.
Do you perhaps have more information pertaining to this story? Email us at krugersdorpnews@caxton.co.za or phone us on 011 955 1130.
For free daily local news on the West Rand, also visit our sister websites:
Remember to visit our Facebook, Twitter and Instagram pages to let your voice be heard!
