Graad 10- tot 12-kunsleerders van Hoërskool Monument High het vir die eerste keer hul werke vir ‘n vriendskaplike kompetisie by Cherry on Top uitgestal.
Ouers, medeleerders en onderwysers het die geleentheid gehad om 32 kunstenaars se werke te sien terwyl twee beoordelaars, Martie van Deventer (HS Noordheuwel-kunsonderwyser) en Mariska Myburgh (Curro Krugersdorp-kunsonderwyser) die algehele wenner gekies het.
Nathon Ehrke is uiteindelik as die wenner van die kompetisie aangewys.
Tydens die geleentheid het die Molto Appasionato-kwartet die gehoor met hul instrumentale talente beïndruk terwyl Monnas se dansgroep, onder leiding van Tania Lotriet, gesorg het vir ‘n verrassingsoptrede wat perfek by die tema van die geleentheid gepas het.

Nathon het ‘n geskenkpak van PNA sowel as ‘n kontantprys gewen terwyl Nina Cooney en Michaela Riggien as tweedeplek-wenners aangekondig is. Franzé Janse van Rensburg was in die derde plek.
Die aand is afgesluit met heerlike eetgoed, pragtige musiek en geselsies tussen ouers, en leerders en onderwysers.
Om na nog foto’s van die geleentheid te kyk, kliek hier.
Lees meer:
Monnas-gholf op setperk van sukses
Monnas groet voormalige skoolhoof
Monnas-leerlinge wil Saskia nadoen
Oud-Monumentaar FW de Klerk by Monnas
