Leersders van Laerskool Krugersdorp-Noord wat aan die Raca-kunstefees deelgeneem het.
Laerskool Krugersdorp-Noord het weereens aan ‘n groot aantal items in al die kategorieë by die Raca-kunstefees deelgeneem.
Leerders het uitsonderlik presteer tydens dié kunstefees. Tydens die galageleentheid wat Raca op 15 Oktober aangebied het, is die leerders in 22 kategorieë as wenners aangewys.
Dawid de Beer is as die algehele wenner in die instrumentale kategorie (Graad 1–3) aangewys terwyl Suné Rennie aangewys is as die algehele wenner in die visuele kunste-kategorie (Graad 4–7).
Die algehele wenners by Raca is Suné Rennie en Dawid de Beer.
Suné het ook die toekenning van voortreflikheid as lid van die Diamant Klub ontvang.
Janine Viljoen is a seasoned journalist with more than 17 years’ experience. She has worked as a newspaper editor, mentored numerous journalism students, and is currently the sub-editor for the award-winning Caxton Joburg West publications. Her passion lies in developing young journalists and telling compelling human-interest stories.