Editor's choiceNewsSchools

Ebies bederf hul oupas en oumas

Hierdie funksie is ‘n bewys dat Krugersdorpers ‘n groot en oop hart het vir hul medemens

Christ Kids en die Trinity Kids-leiers het met die hulp van wonderlike ondersteuners die jaarlikse Oupa- en Oumadag by Laerskool Ebenhaeser gehou.

“Om ‘n funksie vir 120 mense te reël met absoluut geen begroting nie gee my elke jaar nagmerries,” het Joey Human van die skool gesê.

Die sangeres Bianca het die gehoor vermaak. Foto: Ingestuur.
Die sangeres Bianca het die gehoor vermaak. Foto: Ingestuur.

Joey bedank graag elkeen van haar gasvroue wat die dag vir haar moontlik gemaak het.

Alma Mater Skool het hand bygesit deur ‘n insamelingsprojek te hou. Antique Shack en Deon Voster het bydraes tot die geskenke gelewer.

“Vir die sangeres Bianca wat ons oupas en oumas gratis kom vermaak het en die huppel in die dag gesit het, ek waardeer jou en jou span.”

Joey het gesê sy is ook baie trots op die leiers van Trinity Kids asook die vroue wat daarby betrokke is.

Daar is heerlik gesing en gedans tydens Ebies se jaarlikse Oupa- en Oumadag. Foto: Ingestuur.
Daar is heerlik gesing en gedans tydens Ebies se jaarlikse Oupa- en Oumadag. Foto: Ingestuur.

“Ebies se juniorkoor, onder leiding van juffrou Marieta en juffrou Esmé, julle optrede was pragtig en menige oupa en ouma het ‘n traantjie gepink.”

Laastens, maar nie die minste nie, bedank Joey vir Hannes en sy werkers wat die saal voor en na die tyd skoongemaak het.

“Hierdie funksie is ‘n bewys dat Krugersdorpers ‘n groot en oop hart het vir hul medemens. Volgende jaar as ons gespaar bly maak ons weer so!”

Lees meer oor Ebies:

Ebenhaeser se skooljaar skop blitsig af

Skool se dissipline ly onder ouerinmenging

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Krugersdorp News in Google News and Top Stories.

Back to top button